Ons is eintlik Afrikaans ! en sal u graag in Afrikaans
bedien.
Die skedulerings-program is in Suid Afrika ontwikkel en werk ook in Afrikaans.Hierdie afdeling bespreek die werking van die Probe Schedule
program.
Die program hou boek van die waterbalans soos aan die einde van
elke dag
en bereken dan hoe lank dit sal vat voor die beplande onttrekkingsvlak bereik is
en hoeveel op daardie datum besproei moet word.
Openingsbalans + reen + besproeiing - ET - dreinering =
eindbalans.
Om die simulasie so na as moontlik aan die werkliheid te kry, word
verskeie
veranderlike parameters aangehou en deur middel van vogmetings getoets en verfyn.
Hierdie parameters sluit in: 1. volkapasiteit van die grond, 2. reenvaleffektiwiteit, 3.
besproeiingseffektiwiteit, 4. ET (soos bepaal deur verdamping x gewas faktor), 5.
dreineringstempo as die profiel oorvol raak.
U voer die daaglikse weer, reen en besproeiing in op die skerm
soos hier onder.

Die stelsel gee dadellik die herberekende skedule soos hieronder.
Die lys is gesorteer
sodat die droogste blok bo sit. Blok K2 is al amper 'n dag oor skedule en moet
dadellik water kry.

Onder is die vogbalans grafiek wat baie inligting gee, naamlik:

Op 98.11.05 is die wortelsone verander van 60 na 80 cm. Onthou dat
die blou lyn 'n
simulasie is van die verloop van die grondvog in die wortelsone. Die rooi lyn is die
beplande onttrekking van 32 mm tot 26 Desember, dan 40 mm tot einde Februarie en
50 mm daarna. By 98.11.23 en 98.11.30 is die vogstatus getoets met 'n neutron
vogmeter
en is reggestel (2 mm op). Vroeg in Desember het die boer die grond verder uitgedroog
as wat beplan of aanbeveel is. Die besproeiing van 7 Desember het ook nie die grond
heeltemal aangevul nie. (Miskien het hy vermoed daar kom reen want die reen net
daarna het die grond weer oorvol gemaak). Die besproeiings van 99.02.16 en 99.02.28
was nie so groot soos aangedui nie en die vogbalans is afgetrek met die volgende
vogmeting. Ek kan dit aflei van die feit dat die stelseleffektiwiteit voor en na hierdie
datum baie mooi pas by wat aangaan.
Die besproeiingseffketiwiteit word ge-evalueer deur na 'n diepte
grafiek te kyk.
In hierdie grafiek word die voginhoud be elke diepte uitgedruk as persentasie vanaf
vol (veldkapasiteit) daarom is die vol lyn 'n reguit lyn by 0. Hierdie is dieselfde data
as hierdo en is vogmetings nommer 2-6 op die diagram. Let op hoedat die profiel
selfs tot op 1 meter uitdroog (by beplande hervul verby) en hoe die reen net voor
14 Desember die hele profiel oorvol maak.

Algemene vrae en antwoorde:
1. Kan ek hierdie program op 'n 486 rekenaar gebruik?
Ja, indien u Windows 95 of beter daarop het maar alles sal stadig gebeur.
2. Kan ek hierdie program gebruik vir skedulering sonder
om vogmetings te neem?
Ja, maar omdat daar verskeie aannames gemaak word oor die ET en
stelseleffektiwiteit
beskou ek dit as 'n baie gevaarlike boerdery praktyk (en u sal natuurlik nie bostaande
diepte grafiek kan trek nie).
3. Waarmee kan ek die weer meet om die ET te bepaal?
Die ideaal is 'n volledige weerstasie. Tweede beste is 'n klas A verdampingspans.
Derde op die lys is 'n minimum-maksimum termometer en as u nou regtig ook
nie die R50 termometer wil koop nie, kan langtermynverdamping wel gebruik word.
4. Hoe word die vol lyn (veldkapasiteit) bepaal?
Die grond kan in 'n labaratorium ontleed word of, die volgende is 'n praktiese
metode
wat goeie resultate gee. Kalibreer u vogmeter om mm/m te gee in die tiepe grond.
Maak die grond goed nat en laat toe om te dreineer. Boor 'n gat, inspekteer die
monsters vir tekens van vry water of onvolledige benatting en plaas meetpyp in
die grond. As die grond reg lyk, neem vogmetings en gebruik hierdie lesings as
die volmerk.
5. Hoe word die hervul lyn bepaal of beplan?
Die hervul lyn word beplan meer as bepaal. In hierdie program kan die hervul punt
gestel word op 3 maniere: 1. stel die kPa vlak waartoe u wil uitdroog. Die program
maak dan gebruik van 'n tipiese uitdroogkurwe vir so 'n grond, 2. besluit met hoeveel
mm u die wortselsone grondvog wil laat sak (bv. 20mm) of 3. besluit hoeveel persent
van die grondvog u wil onttrek. Hierdie hervul punt is verstelbaar na gelang van die
groeifase. 'n Sekere uitvoer tafeldruif boer werk so: 10 mm onttreking van blok tot
set,
dan 20 mm tot by deurslag, dan 40 mm tot oes en daarna 60 mm. (Die bostaande vog-
balans grafiek het toevallig geen verstellings nie)
6. Watter soort pyp moet as meetpyp gebruik word?
Gebruik altyd 'n pyp met buitemaat van 50 mm. Die beste is aluminium. PVC 50 mm
klas 4 kan ook gebruik word maar dit is belangrik om die vogmeter hiervolgens
te kalibreer. Dit is dus onprakties om beide aluminium en PVC saam te gebruik.
7. Wat is die beste soort vogmeter om te gebruik vir
vogkontrole?
Enige vogmeter wat gekalibreer kan word na mm/m vog en wat herhaalbare metings
kan neem, kan gebruik word. Neutron vogmeters (CPN of Waterman) is
bekend.
Indien die program opgestel word vir kPa onttrekking, kan 'n tensiometer (of
gekalibreerde watermark of ander elektroniese gipsblokkie) ook gebruik word.
8. Kan NPS data omgeskakel word en weer gebruik word in
PS?
Ja, die data (reen, besproeiings en vogmetings) kan oorgelaai word. Vollyne en hervul
is direk bruikbaar en diepte- en vogmeting-grafieke kan getrek word.
|